2023 Beraad vir sterker sakekamers en sakeorganisasies

Piet Le Roux - Presenting

Sakeliga bied op 26 en 27 Oktober ‘n beraad vir sakekamers en sakeorganisasies om strategieë vir die herstel van orde in dorpe en stede te bepaal.

Sprekers vir die beraad sluit, ondermeer, in: Russell Lamberti, Uitvoerende Direkteur: Sakeliga; Péter Wassenaar, Prokureur: Kriek, Wassenaar & Vennote; JP (Johan) Botha, Sinoville Brandbestrydingsvereniging; Boeta du Toit, Hoofbestuurder: Agri NW; en Jannie Schabort, Voorsitter: Mafube Business Forum.

Verreikende en kernbelangrike temas sal tydens die beraad bespreek word soos onder andere:

  1. Wat staatsverval vir sakeorganisasies se strategie beteken
  2. Litigasiestrategie & Alternatiewe dienstestrukture
  3. Begin jou eie brandweer: lesse geleer en hoe om dit reg te doen
  4. Hoe Agri NW en sakelui saamwerk vir oplossings in Lichtenburg
  5. Hoe die Mafube Business Forum by staatsverval in Frankfort ingryp

Die krisis in plaaslike munisipaliteite gaan nie deur mislukte plaaslike regerings opgelos word nie. Die oplossing gaan van sakelui en gemeenskapsorganisasies vanuit dorpe self moet kom, anders sal daar geen herstel wees nie. Dit kan egter nie suksesvol deur enige een persoon of groep in isolasie gedoen word nie. Deelname en bystand van ‘n wyer stel gemeenskappe en organisasies is noodsaaklik. ’n Sterk netwerk van sakeorganisasies kan, met of sonder die samewerking van die regering en staatsentiteite, plaaslike agteruitgang omkeer en die ekonomiese omgewing van hul dorpe en streke weer gunstig maak.

Die Sakekamer-ondersteuningsnetwerk verskaf die netwerk en kundigheid vir skaalbare plaaslike oplossings teen verval vir sakekamers, bedryfsverenigings en ander onafhanklike sakeorganisasies. Organisasies regoor die land help en ondersteun mekaar om hul plaaslike sakeomgewings in die openbare belang te verbeter, te herstel en beheer oor te neem.

Archives