Uitnodiging na sakeontbyt met Hongaarse sakelui uit eiendomsektor

Sakeliga ontvang op 25 November ‘n delegasie van sakelui en beleidmakers uit Hongarye, met verteenwoordiging uit die Hongaarse eiendomsektor.

Tydens die sakeontbyt sal deelnemers mekaar van nader kan leer ken en sal die Hongaarse afvaardiging aanbiedings doen oor:

Hoe Hongarye uit ‘n sake- en ekonomiese perspektief lyk en die Hongaarse eiendomsbedryf en geleenthede daarin.

Die doel van hierdie brief is om jou en/of verteenwoordigers van jou onderneming na die sakeontbyt te nooi. Indien jy Hongarye as ‘n gebied vir eiendomsontwikkeling of ander besigheid wil oorweeg, praktyke wil vergelyk, of net jou netwerk in die industrie wil uitbrei, dan is hierdie ‘n gepaste geleentheid. Die ontbyt bied eerstehandse inligting en direkte verhoudings met sakelui en hoëvlak diplomatieke verteenwoordigers. Die afvaardiging is saamgestel uit sakelui, ‘n burgemeester van een van die kleiner Hongaarse stede (Dunakeszi), asook beleidmakers en regeringslui. Die Hongaarse ambassadeur neem ook deel en is genooi om die afvaardiging bekend te stel.

Sakeontbyt besonderhede:

Datum: 25 November 2021

Tyd: 08:00

Plek: Pretoria (Venue sal nog bevestig word)

Program:

08:00 Arrival and registration

08:30 Welcoming, by Sakeliga

08:35 Introduction of the delegation and the Hungarian embassy, by the Hungarian ambassador

08:45 Introduction to doing business in Hungary: economic, regulatory and business overview, by member of the delegation

09:15 Breakfast served

09:45 Introduction to real estate opportunities in Hungary, by member of the delegation

10:30 Discussion; coffee and tea; departure

Die ontbyt is gratis, maar plek is beperk tot 40 sitplekke. Bespreking so spoedig moontlik is dus noodsaaklik, by [email protected].

 

Archives