Lede van Sakeliga en belangstellendes word uitgenooi na ‘n internasionale sakeontbyt* met gasspreker Mark Reijneker, hoof van die Netherlands Foreign Investment Agency (NFIA) in Suid-Afrika. Die NFIA staan uitgesoekte maatskappye by om hul aktiwiteite en teenwoordigheid in Nederland te vestig en uit te brei.

Tydens die ontbyt op 21 September 2022 sal deelnemers ‘n kort aanbieding oor die NFIA ontvang en hul verteenwoordigers ontmoet, hoor van voorbeeld-maatskappye wat reeds met vrug van die NFIA se bystand gebruik gemaak het, en kan skakel met ander sakelui wat die geleentheid bywoon.

Die NFIA is die amptelike agentskap van die Koninkryk van die Nederlande om buitelandse belegging in Nederland te fasiliteer. Dit is opgerig om inligting en bystand oor Nederlandse belastingreëlings, jurisdiksie-aangeleenthede, infrastruktuur, personeelkwessies, liggingsvraagstukke, finansiering, sakevennote en meer te bied aan besighede wat daarheen wil uitbrei. Vir meer inligting oor die NFIA, besoek www.investinholland.com.

Die adjunk-ambassadeur van die Koninkryk van die Nederlande na Suid-Afrika, Janneke Vrijland, sal tydens die geleentheid teenwoordig wees.

Vir bywoning is bespreking noodsaaklik, met ‘n maksimum van 35 gaste. Klik hier om jou bespreking op ons funksieblad te doen.

Datum: Woensdag, 21 September 2022
Koste: R200 (lede van Sakeliga) of R400 (nie-lede)
Plek: Sheraton Hotel, Arcadia, Pretoria
Begintyd: 07:30 (registrasie en koffie; ontbyt word om 08:00 bedien)
Eindtyd: 09:15 (met koffie en tee vir diegene wat langer wil bly)

*Die internasionale sakeontbyt vorm deel van ‘n deurlopende program van Sakeliga om wedersydsvoordelige skakeling vir sy lede en ander plaaslike sakelui met internasionale sakelui en buitelandse handelsverteenwoordigers te bevorder.