Sakeliga bied aan: Internasionale sakeontbyt met Nederlandse beleggingsagentskap

Lede van Sakeliga en belangstellendes word uitgenooi na ‘n internasionale sakeontbyt* met gasspreker Mark Reijneker, hoof van die Netherlands Foreign Investment Agency (NFIA) in Suid-Afrika. Die NFIA staan uitgesoekte maatskappye by om hul aktiwiteite en teenwoordigheid in Nederland te vestig en uit te brei. 

Tydens die ontbyt op 13 Oktober 2022 sal deelnemers ‘n kort aanbieding oor die NFIA ontvang en hul verteenwoordigers ontmoet, hoor van voorbeeld-maatskappye wat reeds met vrug van die NFIA se bystand gebruik gemaak het, en kan skakel met ander sakelui wat die geleentheid bywoon. 

Die NFIA is die amptelike agentskap van die Koninkryk van die Nederlande om buitelandse belegging in Nederland te fasiliteer. Dit is opgerig om inligting en bystand oor Nederlandse belastingreëlings, jurisdiksie-aangeleenthede, infrastruktuur, personeelkwessies, liggingsvraagstukke, finansiering, sakevennote en meer te bied aan besighede wat daarheen wil uitbrei. Vir meer inligting oor die NFIA, besoek www.investinholland.com.

*Die internasionale sakeontbyt vorm deel van ‘n deurlopende program van Sakeliga om wedersydsvoordelige skakeling vir sy lede en ander plaaslike sakelui met internasionale sakelui en buitelandse handelsverteenwoordigers te bevorder. 

13 Oktober 2022

Vir bywoning is bespreking noodsaaklik.

Datum: Donderdag, 13 Oktober 2022 

Koste: R200 (lede van Sakeliga) of R400 (nie-lede) 

Plek: Groot Phesantekraal Wines & Restaurant, Klipheuwel Rd, R302, Cape Town, 7550

Begintyd: 08:30 (Ontbyt word om 09:00 bedien) 

Eindtyd: 10:30 (met koffie en tee vir diegene wat langer wil bly) 

Taal: Hierdie funksie word aangebied in Engels