Koffie en Kenmekaar

Dit is tyd om skouers te skuur en netwerke te bou – aangebied deur Sakeliga.

Beste Sakeliga-lid en vriend in ons netwerk,

Ons sien uit om weer saam skouers te skuur en nuwe netwerke te bou. Sakeliga fasiliteer dit deur ‘n Koffie-en-kenmekaar op Vrydag, 24 Februarie 2023. Bring genoeg besigheidskaartjies! Sodoende kan jy met die nuwe mense wat jy by die geleentheid ontmoet, kontak hou. Moenie uitstel nie, sitplek is beperk! 

  • Aankoms: 07:30 vir 08:00
  • Kenmekaar, geniet koffie en verversings
  • Verwelkoming: 08:30 – 08:45
  • Nog koffie, nog kenmekaar, nog verversings

 

Sien jou daar!

Sakeliga-groete

24 Februarie 2023

Vir bywoning is bespreking noodsaaklik.

Datum: Vrydag, 24 Februarie 2023

Koste: R145 (lede van Sakeliga) of R285 (nie-lede) 

Plek: Maison de Leo

Begintyd: 07:30 vir 08:00

Eindtyd: 10:00 

Taal: Hierdie funksie word aangebied in Afrikaans