Sakeliga sluit by paneel van kenners oor staatsmislukking aan

QJ8H5863

Sakeliga se uitvoerende direkteur en ekonoom, Russell Lamberti, sal op 19 Oktober, 2023 om 14:00 by ‘n paneel van kundige ontleders aansluit om strategieë te bespreek om jou finansies teen staatsverval te beskerm.

Die agteruitgang van Suid-Afrika se staatsfinansies oorheers sakenuus voor die aankondiging van die middeltermynbegroting in die weke wat voorlê. Daar is toenemende spekulasie oor nuwe of verhoogde belasting en beleggers en gemeenskappe is bekommerd oor wat om te verwag.

Om metodes en strategieë te bespreek oor hoe die publiek die impak van staatsverval teë kan werk, het welvaartbestuurders Brenthurst Wealth ‘n webinar op 19 Oktober 2023 om 14:00 opgestel. Sluit aan by die bespreking deur te registreer om die insigte van vier kundige sprekers te volg oor hoe om jou finansies te beskerm.

Argiewe