Sakeliga-grafieke: Stygings in die goudprys laat ontleders regop sit

2019-06-25-Global-macro-Gold

Onlangse stygings in die prys van goud is besig om aandag te trek en die markte hou hierdie verwikkelinge fyn dop.

Sakeliga het in April 2019, in samewerking met ETM Macro Advisors ons eerste Ekonomiese Oorsig Vir Sakebesluitnemers vir 2019 vrygestel. Goud was ‘n onderwerp in die verslag waarin gewys is dat die prys van goud vir ‘n geruime sedert 2016 in ‘n driehoekpatroon (‘n ‘tegniese grafieke-aanwyser’) vasgevang was.

Dié driehoekpatroon word hieronder gedupliseer saam met die verdere beweging van die goudprys sedert April 2019, soos gemeet in VSA dollar. “Die volgende groot beweging in goud” het ETM in ons April verslag gereken, “sal vir Suid-Afrika en die rand baie belangrik wees”.

Ná ‘n jarelange sywaartse bewegings het die prys van goud onlangs deur boonste vlak van die tegniese driehoekpatroon beweeg. So ‘n deurbreking laat markte gewoonlik regop sit want dit kan dui op ‘n moontlike verandering in markdeelnemers se siening oor goud – of selfs ‘n nuwe bulmark in goud.

‘n Blywende marksiklusverandering, oftewel ‘n nuwe goudbulmark in dié geval, benodig beslis verdere bevestiging – ‘n markterugsakking van hierdie punt af kan natuurlik nooit uitgeskakel word nie.

Wat wel van belang is, is dat ‘n opswaai in die prys van goud kan dui op ander dinge soos ‘n verlies in vertroue in die wêreldekonomie in die algemeen. Ook vanweë SA se posisie in die goudmark is die goudprys veral nou een om dop te hou.

[Lees hierdie ontleding ook op Maroela Media onder Geldsake.]

Argiewe