Sakeliga betuig eer aan John Kane-Berman

Kane-Berman-John6-Official-TDF

Sakeliga verneem met hartseer van die afsterwe van John Kane-Berman, voormalige uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Sakeliga het met vrug gebruik gemaak van Kane-Berman se insigte en werk by die IRR en het die voorreg gehad om hom sedert 2011 by verskeie geleenthede as spreker te ontvang. By Kane-Berman kon ’n mens staatmaak op insiggewende en goedgeformuleerde maatskaplike ontleding wat nie in politieke giere of vlietende regeringsvisies en -planne meegesleur sou wees nie. In die loop van etlike dekades, vóór en ná 1994, het hy standvastig sy afstand van die politiek van die dag gehandhaaf en die IRR se posisie as ’n onafhanklike instituut, wat onafhanklike denke en hervorming onderneem het, verseker.

Ons skep bemoediging uit Kane-Berman se mooi woorde vir Sakeliga se werk oor die jare en onthou hom met waardering en respek.

Argiewe