[LUISTER] Wetsontwerp op onteiening – wat volg volgende?

Sakeliga Team Members_Martin van Staden

Martin van Staden (regsgenoot by Sakeliga) gesels op die Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM) oor die wetsontwerp op onteiening. Hy gee sy mening oor die wetsontwerp in die lig van die voorgestelde grondwetwysiging wat nie geslaag het nie.

Van Staden benadruk die belang van sterk eiendomsreg en wys op die kortsigtigheid van ’n aanslag op eiendomsreg. Daar is verskeie maniere hoe swak eiendomsreg skade vir belegging en sake veroorsaak. Die wetsontwerp, meen Van Staden, skep sekerheid oor swak beleid wat die ekonomie sal belemmer.

Die wetsontwerp bied ’n wesenlike gevaar vir privaatbesit en Van Staden verduidelik die proses wat volg.

Sakeliga hou die saak dop en sal op verskillende vlakke toetree om sekerheid oor eiendomsreg te verseker.     

Argiewe