LUISTER: Pretoria FM [Sake 20/20] – Vryemark oorwegings oor suikerbelasting, aksynsbelastings

Gerhard van Onselen en James Kemp gesels op Sake 20/20 oor akademici se vootstelle om belasting op suikerdrankies (en ander belastings) te verhoog. Dit vorm deel van benaderings in openbare gesondheid wat poog om lewenstyl en verbruik van ‘ongesonde’ produkte met regulasies en belasting te bestuur. Is daar newe-effekte van die belasting. Tot watter mate moet regerings patriargaal en voorskriftelik voorskryf? Die saak word dieper bespreek.