[LUISTER] Meer as passiewe ontvangers van beleid? Ons kyk na openbare deelname aan beleidskwessies

Sakeliga Team Members_Martin van Staden

Martin van Staden gesels met James Kemp van Pretoria FM op die Beleidsradar-insetsel oor die onlangse verwikkelinge ten opsigte van openbare deelname aan beleidskwessies.

Van Staden verwys na uitlatings deur hooggeplaastes in die departement van gesondheid, waar onder meer na burgerlike instellings wat teen die onlangse tydelike Covid-19-reëls litigeer, as saboteurs en terroriste verwys is.

Die skokkende optrede van die minister van polisie by ’n onlangse openbaredeelnameproses word ook genoem.

Hierdie verwikkelinge wek ernstige kommer oor die manier waarop deelname basies as ’n aftikoefening hanteer word. Die publiek loop die gevaar om bloot as passiewe ontvangers van openbare beleid afgemaak te word.

Van Staden benadruk die belangrikheid van openbare deelname as deel van Suid-Afrika se deelnemende demokrasie. Hy reken deelname behoort nou verder te gaan as blote voorleggings aan staatsdepartemente en die parlement.

Argiewe