[LUISTER] Kan die Mededingingskommissie armoede oplos?

Sakeliga Team Members_Gerhard van Onselen

In hierdie episode van Beleidsradar (op Pretoria FM, Sakekern) gesels Gerhard van Onselen (Strateeg by Sakeliga) met omroeper James Kemp oor die Mededingingskommissie, monopolieë en ongelykheid.

Dit volg op die standpunte van minister Ebrahim Patel in September 2022 oor monopolieë in Suid-Afrika. Die Mededingingskommissie beoog om al hoe meer ingrypend op tree, maar is hierdie optrede die manier om probleme soos armoede en ongesonde ongelykheid op te los?

Van Onselen bespreek Sakeliga se benadering tot vrae oor monopolieë en ongelykheid. Sakeliga glo op die ou einde is sterk en florerende sakegemeenskappe die beste manier om armoede en soortgelyke probleme op te los.

Argiewe