Die staat se planne om BEE in Suid-Afrika uit te brei gaan die wind van voor kry, danksy Sakeliga

Business people walking together in the city

Sakeliga het in Februarie 2022 daarin geslaag om BEE in die grondwethof terug te rol deur ‘n uitspraak wat verkrygingsregulasies wat op rasuitsluiting neergekom het, onwettig te verklaar. Wat gaan Sakeliga volgende teen BEE doen?

Sakeliga gaan eerstens sy litigasie en openbare kritiek teen BEE verskerp, en tweedens netwerke skep waarbinne besighede BEE kan vermy.

Litigasie wat tans ondersoek word sluit in:

  • Die Mededingingswet: Hierdie wet is in 2020 verander en word nou gebruik om BEE onder die dekmantel van mededingingsbeleid toe te pas. Samesmeltings, oornames, en verskeie ander vorme van transaksies en prysbepaling word tans op BEE-gronde gepenaliseer of afgekeur.
  • Invoere en uitvoere: Duidelike tekens begin blyk dat die staat landbou- en ander sektore tot BEE-maatreëls wil dwing deur beperkings op hul in- en uitvoere te plaas.
  • Finansiële dienste: Nuwe regulasies maak voorsiening vir ‘n swartlys vir besighede wat nie voldoeningsverslae t.o.v. BEE indien by die sektorraad nie. Sakeliga gaan hier toetree met ‘n aanslag op veral die swartlys-bepaling.
  • Verskeie ander wette en regulasies.

Jy kan Sakeliga help om BEE te stop. Sluit aan of skenk vandag aan Sakeliga. Hier is drie redes:

  • Sakeliga het gewys ons kan wen. Lees hier oor sakeliga se suksesrekord met litigasie.
  • Sakeliga is jou weerligafleier, sodat jy die regte ding kan doen sonder om jou besigheid polities bloot te stel
  • Met jou ondersteuning kan Sakeliga vinniger en beter litigeer, en vinniger ‘n alternatiewe, BEE-vrye sakenetwerk skep.

SLUIT HIER AAN

Archives