LUISTER: Pretoria FM [Sake 20/20] – Vryemark oorwegings oor suikerbelasting, aksynsbelastings

[spreaker type=player resource=”episode_id=43613008″ theme=”light” autoplay=”false” playlist=”false” cover=”https://d3wo5wojvuv7l.cloudfront.net/images.spreaker.com/original/8d385004a71e21c507c3dc93d18848c4.jpg” width=”100%” height=”400px”]Gerhard van Onselen en James Kemp gesels op Sake 20/20 oor akademici se vootstelle om belasting op suikerdrankies (en ander belastings) te verhoog. Dit vorm deel van benaderings in openbare gesondheid wat poog om lewenstyl en verbruik van ‘ongesonde’ produkte met regulasies en belasting te bestuur. Is […]


“Slegs R1.2 miljoen” – die regering begryp nie sy eie SEB-beleid nie

Die nuwe Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. Buiten die alreeds-goed-gedokumenteerde problematiese aard van die regering se rasgedrewe bemagtigingsbeleid, word dit by die dag duideliker dat die regering geen idee van die verwoestende nagevolge van dié beleid op die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing het nie.  Teenstanders van rasgedrewe bemagtigingsbeleid mag vinnig verkondig dat die regering dit natuurlik nie begryp nie, want politici dring al vir jare daarop aan ondanks die oorweldigende bewyse daarteen!   Maar […]


K1/2021: Ekonomiese Oorsig vir Besluitneming in die Sakewêreld

Bestuursopsomming Die risiko waaroor ons in November met betrekking tot grendelstydinperkings gewaarsku het, is ongelukkig in Desember en Januarie verwesenlik, wêreldwyd sowel as plaaslik. Die wêreldwye ekonomiese inperkings het produksie- en handelsbedrywighede opnuut ontwrig. Tesame met plaaslike inperkingsmaatreëls vir die toerisme-, restaurant-, ontspannings- en alkoholbedryf het buitelandse inperkingsmaatreëls gemaak dat die plaaslike herstellopie van 2020 […]


SONA: Geen strukturele hervorming, staat verskerp skadelike beleid

Die staatsrede vanaand het nie die nodige strukturele hervormings aangekondig nie, ten spyte van die dringende nood daaraan. Hoe moeilik dit ook al was, ware hervorming deur president Cyril Ramaphosa sou moes begin met ‘n erkenning dat regeringsbeleid die hoofoorsaak van Suid-Afrika se ekonomiese krisis is. Dit sou ‘n alternatiewe visie van minder politiek en meer besigheid moes skets. In plaas daarvan het die president die regering sopas tot meer van dieselfde verbind.  […]


Ekonomiese en maatskaplike herstel kort veel meer, hervormende staatsrede benodig – Sakeliga

Sakelui is verlig oor die grendelregulasieverslapping, al is dit te min, maar bly besorg oor die risiko van blywende of heringestelde regulasies. Die moontlikheid van toekomstige grendelmaatreëls sal, totdat groter sekerheid bestaan, talle sakelui van investering en bedryfshervatting weerhou.   Intussen rig die regering se verbintenis tot nadelige en verdelende politiek groot skade aan. Restaurante op die rand van ineenstorting word gedwing om meer lone te betaal. Verligting vir ondernemings word op rasbasis gebied. En oor die algemeen bly die regering verbind tot groter sentralisering, onteiening, lisensiëring, BEE, en ander skadelike beleid.  President […]


Ras-gebaseerde toerisme-fonds vir besighede skadelik en onaanvaarbaar – Sakeliga

Die nuwe slegs-swart regeringsfonds vir toerismebesighede is skadelik en druis in teen die openbare belang. Dat die staat selfs in krisistyd sakelui probeer forseer om hul besigheidsbesluite op grond van rasseklassifikasie te neem, is moreel en ekonomies onaanvaarbaar. Só meen Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakegroep Sakeliga, na die bekendstelling van die Toerisme […]


Suid-Afrika se kleinsakeondernemings wandel steeds alleen

Volgens die webwerf van die Departement van Kleinsake-Ontwikkeling streef die departement daarna om ‘n “enabling legislative and policy environment” te verseker om Suid-Afrika se klein besighede se groei en volhoubaarheid te steun. Indien dit waar is – en die departement se geskiedenis getuig nie dat dit waar is nie – maak die departement ‘n fout met sy nuwe Nasionale Kleinsake Wysigingswet, 2020.  Die oorspronklike Nasionale Kleinsakewet, 1996, en die 2003 […]


Grootste gevaar is Regering se reaksie op Covid-19

Die mees onlangse grendelregulasies is onverantwoordelik en onaanvaarbaar, gegewe die balans van risiko’s vir lewe en lewensmiddele. Dit bestee al die land se uitgeputte hulpbronne op twyfelagtige stappe teen Covid-19 — één, relatief klein bydraende faktor tot totale mortaliteit in Suid-Afrika — ten koste van alle ander oorsake van risiko en dood. So sê Piet […]


Cele op terme geplaas om dreigemente aan besighede te staak – Sakeliga

Polisiekommissaris Bheki Cele moet sy onregmatige instruksies aan lede van die SAPS, dat hulle besighede mag penaliseer en sluit, terugtrek. Sakeliga se regsverteenwoordigers het Cele ingelig dat Sakeliga die reg voorbehou om ‘n dringende interdik teen hom te bring sou die SAPS volgens sy onregmatige instruksies handel. Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê […]


Sakeliga nooi ondernemings om belemmering oor reis, lisensies en permitte aan te meld 

Wat Sakeliga-hofuitspraak in praktyk vir besighede beteken Sakeliga se hofgeding teen besigheidslisensiëring was ’n oorwinning vir sakevryheid in Suid-Afrika. Danksy Maandag se uitspraak en hervorming op die laaste nipper deur ’n regering onder litigasiedruk is ondernemings nou weer vry om sake sonder voorafgoedkeuring deur die regering te doen. As gevolg van Sakeliga se hofoorwinning Maandag, en met die begin van inperkingsvlak 3, mag geen permitte, lisensies of sertifikate ingevolge die regulasies kragtens die Wet op Rampbestuur meer […]