Skryfnet-mediaverklaring-werkswinkel: Wen ‘n advertensieveldtog op Maroela Media ter waarde van R30 000

Sukkel jy om jou produk of diens te bemark omdat jou kommunikasie nooit die nuus haal nie? Twyfel jy of dit ooit nog ‘n goeie idee is om mediaverklarings uit te stuur?

Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied 17 Februarie 2023 ‘n aanlyn-oggendwerksessie aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.

Maar dis nie al nie! Ondernemings wat vyf of meer personeellede inskryf, staan ook die kans om ‘n advertensieveldtog op Maroela Media te wen, ter waarde van R30 000. Meer as 2 miljoen lesers besoek maandeliks Maroela Media end it is dus die ideale geleentheid om jou diens of produk aan die Afrikaanssprekende mark bekend te stel.

17 Februarie 2023

Vir bywoning is bespreking noodsaaklik.

Datum: Vrydag, 17 Februarie 2023

Tyd: 09:00 – 13:00

Koste: R500 per persoon (afslag vir groot groepbesprekings)

Formaat: Aanlyn

Taal: Hierdie funksie word aangebied in Afrikaans