LWO en Sakeliga hou 'n webinaar oor die Nasionale Minimumloon vir 2023/2024 op 25 November 2022

Die Sakeliga Affiliasie Netwerk in samewerking met die LWO Werkgewersorganisasie nooi u uit na ‘n aanlyn webinaar op 25 November 2022 om 09:00. Die webinaar is gratis en is beskikbaar vir Sakeliga Affiliasies en hulle lede.

Tydens die webinaar sal die onderwerp “DIE NASIONALE MINIMUMLOON 2023/2024: OORSIG EN DIE KWYTSKELDINGPROSES” bespreek word. Ons verstaan dat u tyd kosbaar is, dus behoort ons u nie langer as 45 minute besig te hou nie.

Die webinaar sal in Engels om 09:00 aangebied word. U is egter meer as welkom om enige vrae, in Afrikaans of Engels, wat u nou reeds het oor die onderwerp aan die ondervermelde e-pos adresse te stuur waarop die vrae tydens en/of na die webinaar bespreek en beantwoord sal word – [email protected]; [email protected]

Die LWO verseker dat u altyd verstaan wat arbeidsreg van u besigheid vereis.

Klik hier vir die Teams skakel.

Bevestig asseblief indien u die webinaar wil bywoon.  Stuur gerus hierdie uitnodiging aan almal wat kan baat vind by die inligting en dienste van die LWO.

25 November 2022

Koste: Gratis

Plek: Aanlyn

Begintyd: 09:00 

Eindtyd: 09:45

Taal: Hierdie funksie word aangebied in Engels.