PPPFA-hofsaak

DOEL VAN HIERDIE SAAK

Om die verskerping van BEE-regulasies binne die PPPFA vir staatskontrakte (tenders) ongeldig te laat verklaar en om aktief die regering teen te staan met sulke verskerpings van BEE op ander fronte. Sakeliga se belang in hierdie kwessie is daarin gesetel dat daar nog geen behoorlike teenstand gebied is teen BEE-wetgewing en/of regulasies nie. Die tyd is gunstig om maatskappye nou te motiveer om BEE as wet/beleid se werking en indringende aard in hul besigheid te bevraagteken en ook teen te staan.

STATUS VAN HIERDIE SAAK

Appèl is aangehoor op 8 September 2020 en die saak is ten gunste van Sakeliga beslis op 2 November 2020 met koste. Die Minister appelleer in die Konstitusionele Hof, en die saak is ter rolle geplaas vir 25 Mei 2021.

Sakeliga liasseer opponerende stukke in Konstitusionele Hof

Sakeliga liasseer opponerende stukke in Konstitusionele Hof, om die Minister se appèl teen die Appèlhof se uitspraak (wat voorkeurkriteria in verkryging ongrondwetlik verklaar het) teen te staan.

Minster liasseer stukke by die Konstitusionele Hof

Die Minster liasseer stukke by die Konstitusionele Hof om aansoek te doen vir verlof tot appèl, en om te appèlleer teen die Appèlhof se uitspraak.

Minster doen by Konstitusionele Hof aansoek om verlof tot appèl teen die Appèlhofuitspraak

Minster van Finansies, Tito Mboweni, doen by Konstitusionele Hof aansoek om verlof tot appèl teen die Appèlhofuitspraak.

Sakeliga reageer op Ace Magashule se reaksie op die uitspraak

Sakeliga dui gereedheid aan om enige appèl teen sy hofoorwinning oor BEE-gebaseerde vooraf-diskwalifikasie in verkrygingsregulasies (PPPFA) te verdedig. Dit volg na die ANC se verklaring die afgelope naweek, waarin hy sy misnoeë uitspreek en by monde van sy algemene sekretaris, Ace Magashule op ‘n appèl aandring.

Appèlhof bevind in Sakeliga se guns

Die Hoogste Hof van Appèl bevind in Sakeliga se guns dat die PPPFA-regulasies ongeldig is en dus tersyde gestel moet word.  Die saak word gewen met kostes en die aanvang van die ongelidgheid is eers van krag 12-maande na die bevel gemaak is, dus 2 November 2021. 

Appèlhof hoor die saak aan

Appèl is aangehoor via virtuele media voor 5 appèl-regters.  Sakeliga het die verrigtinge gelei met die argumente rondom die Minister van Finansies wat sy magte oorskry het deur tegnies nuwe wetgewing te skep onder die vaandel van regulasies wat hy nie by magte was om te doen nie. 
Meer Inligting

SAPOA beteken formele aansoek om as amicus curiae tot die saak toegelaat te word

SAPOA reik uit en beteken ‘n formele aansoek om as amicus curiae tot die saak toegelaat te word weens die Minister van Finansies se ontbrekende toestemming. 
Meer Inligting

SAPOA versoek om as amicus curiae tot die saak toe te tree

Ontvang ‘n skrywe vanaf die prokureurs van die South African Property Owners Association (SAPOA) wat versoek om as amicus curiae tot die saak toe te tree. 
Meer Inligting

Minister van Finansies liasseer hoofde

Die Minister van Finansies liasseer sy hoofde betyds vir die verrigtinge om voort te gaan. 
Meer Inligting

Sakeliga liasseer volledige bundels by Hoogste Hof van Appèl

Sakeliga se volledige bundels is op 3 Februarie 2020 by die Hoogste Hof van Appèl ingedien waarna sodanige hoofde op 16 Maart 2002 geliaseer moet word. 
Meer Inligting