Aksie in Oënskou: Sakeliga-regstappe help om vuurwapen-eiendomsregte te bevorder

cele

Voor die Fidelity-saak (Formeel bekend as: Minister of Police and Others v Fidelity Security Services (Pty) Ltd [Sakeliga and Others as Amici Curiae]) het die Polisie die Wet op Wapenbeheer op so ‘n wyse geïnterpreteer dat diegene wat wapens by die polisie vrywillig inhandig weens vorige versuim om die lisensies betyds te hernu, nie nuwe lisensieaansoeke ten opsigte van daardie wapens kon bring nie en derhalwe hul eiendom verbeur.

Sakeliga het in sy vriend van die hof-aansoek geargumenteer dat hierdie interpretasie van die wet ekonomies onhoudbaar is, en dat dit nadelige implikasies vir eiendomsreg van wapeneienaars het.

Sakeliga kon ’n saakmakende bydrae tot die gunstige uitkoms in die saak lewer. Die hof het in Fidelity se guns bevind, dat wapeneienaars ’n aansoek mag bring vir ’n nuwe lisensie ten opsigte van wapens met lisensies wat verval het. Die hof het ook ’n onderskeid tussen eiendom en besit getref.

Bloot omdat ’n wapen nie in wettige besit is nie, verbeur ’n eienaar nie die eiendom (wapen/s) nie. Na aanleiding van die hofsaak het die Polisie op 1 Julie 2022 aan alle provinsiale kommissarisse ’n staande instruksie gestuur wat dit duidelik stel dat daar ’n onderskeid tussen eiendomsreg en besit van wapens is, en dat wapeneienaars ter enige tyd moet kan aansoek doen vir ’n lisensie vir ’n wapen, sonder om die wapen te verbeur. Luidens die instruksie behoort die polisie eerder nie wapeneienaars laat vervolg waar ’n wapen se lisensie verval het en die eienaar besit daarvan behou vir tyd en wyl stappe geneem word om ‘n nuwe lisensie te bekom nie.

________________________

Befonds Sakeliga!

Jou finansiële ondersteuning maak hoë-impak litigasie moontlik, bevorder alternatiewe strukture, en help om die toekoms te vorm wat jy wil sien. Klik hier en befonds Sakeliga.  

Argiewe