Sakeliga hou aanlyn en in-persoon-funksies met hoofsaaklik twee uitkomste in gedagte:
Sakelui word op ‘n interaktiewe wyse ingelig oor nuwe gebeure op die beleidsfront, Sakeliga se denke oor die risiko’s en gevolge daarvan en, indien relevant, toeligting oor moontlike regsaksie wat Sakeliga beplan.
Informele geleenthede waar sakelui mekaar kan leer ken en onderlinge netwerke kan bou en versterk.
Sakeliga se funksies is meestal oop vir enigiemand om by te woon, maar lede van Sakeliga sal altyd teen ‘n spesiale afslagprys (gewoonlik min of meer kosprys vir die funksie) kan bywoon. Eksklusiewe ledefunksies word ook aangebied.
Quicket widgets to be inserted once there is an activated event (currently no active events on Quicket account)
Lede van Sakeliga kan ‘n aansoekvorm voltooi om ‘n funksie aan te bied wat gratis deur Sakeliga-lede bygewoon kan word.
Sakeliga onderwerp elke aansoek aan ‘n keuringsproses om seker te maak die inhoud van die seminar is belyn met Sakeliga se waarderaamwerk en beleidsoortuigings vir ‘n gunstige sakeomgewing. Nadat ‘n funksie goedgekeur is, word dit op Sakeliga se webtuiste geplaas en deur Sakeliga se kommunikasieplatforms aan lede bekendgestel.
Quicket widgets to be inserted once there is an activated event (currently no active events on Quicket account)
© 2022 Sakeliga