[Luister] Krisis in Lichtenburg, Coligny – Sakeliga kry gunstige uitspraak in hof

Tian Alberts (Sakeliga regsbeampte) gesels met RSG Monitor oor Sakeliga se onlangse uitspraak oor die Ditsobotla-munisipaliteit waar dienslewering en watervoorsiening inmekaargestort het. Bron: RSG Monitor Sakeliga het die hof genader om die administrateur te verplig om nou watervoorsiening in die munisipaliteit te herstel. Die uitspraak in die hooggeregshof in Mahikeng is ’n onderdeel (Deel A) […]


[Luister] Strenger regulering van tabak en e-sigarette – ʼn breër siening

Tabak en e-sigarette is omstrede produkte. Die gesondheidsowerhede in Suid-Afrika beoog wetgewing om sulke produkte nog strenger te reguleer. Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp oor die besluite om sodanige produkte strenger te reguleer. Van Onselen sê dat sulke regulasies sal uitloop op verskeie ongewenste faktore soos ‘n hewige sentralisering van beheer oor […]


Koffie en Kenmekaar

21 Oktober 2022
08:00 tot 09:15


Ons sien uit om weer saam skouers te skuur en nuwe netwerke te bou. Sakeliga fasiliteer dit deur ‘n Koffie-en-kenmekaar op 21 Oktober 2022. Bring genoeg besigheidskaartjies! Sodoende kan jy met die nuwe mense wat jy by die geleentheid ontmoet, kontak hou. Moenie uitstel nie, sitplek is beperk!

Hierdie funksie word aangebied in Afrikaans