[Luister] Strenger regulering van tabak en e-sigarette – ʼn breër siening

Sakeliga Team Members_Gerhard van Onselen

Tabak en e-sigarette is omstrede produkte. Die gesondheidsowerhede in Suid-Afrika beoog wetgewing om sulke produkte nog strenger te reguleer.

Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp oor die besluite om sodanige produkte strenger te reguleer.

Van Onselen sê dat sulke regulasies sal uitloop op verskeie ongewenste faktore soos ‘n hewige sentralisering van beheer oor mense se keuses en voorkeure, en skade tot die handels- en eiendomsregte van maatskappye.

Hy meen sulke regulasies moet omsigtig benader word met oorweging van belangrike opwegings.

Onlangs was daar ook die ervaring dat streng regulering en ʼn verbod op sulke produkte nie werklik slaag nie, dat sulke regulasies groot koste vir belastingbetalers inhou, en dat ander skadelike newe-effekte vanuit regulasies self kan voortspruit.

Argiewe