Ons werk is prakties. Ons hou staatsmag in toom, maak besigheid staatsbestand en bring onafhanklike kommersiële orde tot stand.

Ons werk behels:

LITIGASIE

Sakeliga se litigasie skep konstitusionele beginsels vir ‘n florerende ekonomie. Ons verlig staatsverval en skadelike inmenging waar moontlik en koop tyd vir alternatiewe waar nodig. Ons litigeer teen sleutelbedreigings vir kommersiële order, soos onteiening, BEE, munisipale verval en wanbestuur, en regulasies in die nasleep van Covid-19. Ons bied ‘n veilige kanaal vir sakelui om, sonder openbare blootstelling en risiko, noodsaaklike litigasie te ondersteun.

GESKILBESLEGTING

Sakeliga se kostevriendelike geskilbeslegtingsplatform is tans in ‘n loodsprojekfase. Dit is bedoel om dringende verligting te bring aan partye met verhoorryp sake in kommersiële geskille wat nie op die hofrol vorder nie. Geskikte partye kan nou hul verhoorryp sake verwys.