Inperkingsdeursigtigheid: Sakeliga dien aansoek vir minagting teen COGTA minister in

Sakeliga het ’n hooggeregshofaansoek gebring om die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) skuldig te laat verklaar aan minagting van die hof. Die jongste minagtingsverrigtinge het ten doel om die saak te finaliseer en duidelikheid te bied oor die beraadslagings- en besluitnemingsprosesse wat plaasgevind het in oploop tot skadelike en irrasionele beleide wat […]