Sakeliga kry bevel teen Dlamini-Zuma oor openbaarmaking van inperkingsrekords

Besluitnemingsrekords oor Covid-inperkings sal vir eerste keer openbaar gemaak word Vir die eerste keer sedert die verklaring van ‘n nasionale ramptoestand oor Covid-19 in Maart 2020, sal die sluier van geheimsinnigheid oor die regering se besluitnemingsprosesse oor Covid-rampbestuurregulasies, gelig word. Weens ‘n hofoorwinning wat Sakeliga vandeesmaand teen Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana […]