Verhoed proaktief misbruik van Wet op Rampbestuur

Die Ramptoestand, asook enige voortsetting daarvan in ander regulasies en wetgewing, moet in geheel opgeskort word. Die regering moet ook verhoed word om in die toekoms die Wet op Rampbestuur te gebruik om drakoniese inperkingsmaatreëls in te stel. Sakeliga bring daarom ‘n hofsaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria om die nuwe “tydelike” nasionale ramptoestand in SA te beëindig.