Waarom hierdie hofsaak?
Die Ramptoestand, asook enige voortsetting daarvan in ander regulasies en wetgewing, moet in geheel opgeskort word. Die regering moet ook verhoed word om in die toekoms die Wet op Rampbestuur te gebruik om drakoniese inperkingsmaatreëls in te stel.
Sakeliga bring daarom ‘n hofsaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria om die nuwe “tydelike” nasionale ramptoestand in SA te beëindig. Sakeliga vra onder andere dat die Nasionale Rampbestuursentrum se versuim om te bepaal of Covid-19 aan die definisie van ‘n “ramp” voldoen, onwettig en ongrondwetlik verklaar word, en dat die mees onlangse verlenging van die Ramptoestand in Februarie, 2022 en die verdere kunsmatige verlenging in April ter syde gestel word. Sakeliga vra ook dat die Minister se verlenging van die Ramptoestand in afwesigheid van ‘n klassifikasie van die Nasionale Rampbestuursentrum van Covid-19 as ‘n “ramp” en “nasionale ramp”, onwettig en ongrondwetlik is
Saakbesonderhede
Status van saak: Aktief
Saak begin: 11 Maart 2022
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria
Volgende hofdatum:
Onbekend. Sakeliga wag nog op die teenkant om rekords van besluitneming te lewer.
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
6 April 2022 | Sakeliga gee aan sy regspan instruksie om voort te gaan met die saak, ten spyte van die oënskynlike beëindiging van die nasionale ramptoestand deur die Minister van Samewerkende Regering. Sakeliga wil toekomstige vergrype proaktief verhoed. |
4 April 2022 | Regering beëindig ramptoestand in naam, terwyl dit vasklou aan permanente magte. |
11 Maart 2022 | Sakeliga liasseer hofstukke en loods die saak |