Gesentraliseerde risikobestuur is steeds nie die oplossing

Die kenmerk van die Suid-Afrikaanse regering se Covid-19-reaksie is die sentralisering van risikobestuur. Dit het voorkeur verleen aan ongenuanseerde ingrepe op die ekonomie, onderwys, godsdiens, medikasie, inentings, tot ‘n beduidende mate protokolle by mediese fasiliteite, en meer.  Vanaand se aankondiging van ‘n aangepaste vlak vier grendelstaat sit hierdie benadering voort, deur besluitneming deur die regering steeds sentraal tot pandemierespons te plaas. Tog was die resultate van die gesentraliseerde benadering tot so ver uiters swak.  […]