Stel betaalmeester aan in munisipaliteite in Noord-Wes (Betaalmeester-saak)
Sakeliga is besig met ‘n betaalmeestersaak in Noord-Wes sodat eindgebruikers se gelde vir kritieke dienslewering in ‘n aparte en afgebakende munisipale bankrekening betaal kan word. Dit is ‘n belangrike stap om verval te stuit en geleenthede vir korrupsie op munisipale vlak te verminder.