“’n Klinkklare resep vir ‘n ekonomiese ramp” – Sakeliga kritiseer Onteieningswetsontwerp in parlement.

“Die indruk bestaan dat die idee met hierdie onteieningswetsontwerp is om  op ‘n aaneenlopende basis onteiening in die land te doen, meestal benede markwaarde, en dít is ‘n klinkklare resep vir ‘n ekonomiese ramp,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê tydens sy voorlegging aan die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur, wat verantwoordelik is vir die wetsontwerp oor onteiening.  In ‘n mondelinge aanbieding waarsku Sakeliga dat die voorgestelde Onteieningswetsontwerp bots met internasionale beste praktyk, die standaarde van die Grondwet, en die strukturele vereistes van […]