Nuwe grendelstate sal herstel belemmer

Verskeie ekonomiese aanwysers illustreer ‘n moeilike terugkeer na normale saketoestande. Nuwe en voortslepende grendelstaatmaatreëls – plaaslik en in die buiteland – sal waarskynlik inkomste en verbruikersvertroue afweer, wat Suid-Afrika se moeilike herstel verder sal belemmer.   Verskeie lande, veral in Europa, het nou weer nuwe grendelstaatmaatreëls ingestel. Hierdie maatreëls het ‘n invloed op reis en produksie en sal Suid-Afrika se moeilike herstel na die streng grendelstaat van die tweede kwartaal van 2020 bemoeilik.   […]