Regulasie: Sertifikate van Behoefte vir Gesondheidsinstellings

Sakeliga se kort voorlegging op die voorgestelde regulasie wat sertifikate van behoefte vereis vir gesondheidsinstellings kan hier (in Engels) verkry word. Sakeliga se belangstelling in die voorgestelde regulasie kom neer op die indringing wat op markvryheid, veral die regte op vryheid van assosiasie en vryheid van loopbaankeuse gemaak word. Sakeliga staan die voorstel teen.  


2021-Weergawe van die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging

Sakeliga se omvattende voorlegging op die 2021-weergawe van die Wetsontwerp op die Agtiende Grondwetwysiging kan hier (in Engels) gevind word. Die Wetsontwerp beoog om die verskynsels van konfiskering (sogenaamde “onteiening sonder vergoeding”) en nasionalisering (sogenaamde “staatsvoogdyskap”) in die Suid-Afrikaanse grondwetlike en eiendomsreg in te bring. Na ons mening verteenwoordig die Wetsontwerp beduidende, miskien eksistensiële, bedreigings […]