Hoe hou mens by met die outoritêre beleidstortvloed?

Terwyl die President Suid-Afrikaners probeer flous dat hy skynbaar ‘n hervormer is en dat ons sy sogenaamde “nuwe dagbreek” nader, word die ekonomie versmoor en die land op die pad van onherstelbare agteruitgang plaas. Suid-Afrika word nou oorval met wette, regulasies, en openbare beleide wat eenvoudig deurspek is met onsin en omslagtigheid. Die komitee wat […]