Regering aanvaar verskeie Sakeliga-voorstelle aan inperkingsregulasies 

Sakelui en hul werknemers mag nou van die huis af werk. Dít en verdere verslappings en regstellings is vervat in regulasies wat die regering vanoggend gepubliseer het, soos die afgelope vier dae dringend en in verskeie regsbriewe deur Sakeliga versoek.  Verdere regstellings en verslappings sluit in dat kritieke onderhoud nou ook uitdruklik as noodsaaklike dienste geklassifiseer word. Ook is sakelui en die publiek se reg op skadevergoedingseise teen verkeerde wetstoepassing nou duidelik herstel. “Sakeliga verwelkom die aanvaarding van hierdie wysigings. Ons is steeds in kommunikasie met verskeie staatsdepartemente […]