Beleidsradar

RESULTATE: SAKELIGA SE TWEEDE COVID-19-ONDERNEMINGSIMPAKPEILING

NB: Voorlopige resultate soos teen 20 April 2020 Opsomming Sakeliga onderneem tans ‘n deurlopende peiling om die impak van Covid-19 en die huidige rampbestuurmaatreëls te bepaal. Ongelukkig, soos in ons eerste peiling die geval was, is die resultate van ons volgende peiling steeds nie goeie nuus vir sake nie. Terugvoer vanuit Sakeliga se ledebasis en […]
Lees meer

Beleidsradarmeningstuk: Covid-19-inperking – hoeveel mense daardeur geraak kan word

In ons vorige beleidsradarmeningstuk het ons gekyk na die ekonomie en die gevolge van produksie-afsluitings en die afbakening van essensiële produkte en -dienste deur beleidmakers. Dit word gedoen in reaksie op die mediese gevare wat die Covid-19-pandemie inhou. Hierdie gevare is natuurlik wesenlik, maar die huidige dwangmaatreëls, op hul beurt, kan ook uiters nadelige sosio-ekonomiese […]
Lees meer

Beleidsradarmeningstuk: Covid-19-inperkings en die impak op produksie

Covid-19 en die reaksie daarop is een van die grootste gebeurtenisse van die afgelope dekades. Soos in ’n onlangse Sakeliga Webinaar gemeen is, is daar groot druk op beleidmakers om op te tree. Dit is egter nie altyd duidelik wat die korrekte optrede is nie. Verskillende lande volg verskillende benaderings en uitkomstes verskil ooglopend. Die […]
Lees meer

Beleidsradar: Meer geld na munisipaliteite? Eiendomsontwikkeling – heffings in wetsontwerp geformaliseer 

Die nasionale tesourie het onlangs voorgestelde veranderinge aan munisipale wette vir openbare kommentaar bekendgemaak in die vorm van die Munisipale Fiskale Magte en Funksies Wysigingswetsontwerp [van 2019].   Die Wetsontwerp stel wysigings voor op die 2007-wet wat munisipaliteite se vermoë om plaaslike belastings en bykomende belastings te hef op dienste soos elektrisiteit, water en riolering. Die […]
Lees meer

Beleidsradar: ANC Lekgotla se waarskynlike impak op Suid-Afrika se ekonomiese beleid

Die ANC se eerste Lekgotla vir 2020 is op 20 Januarie 2020 afgesluit met President Cyril Ramaphosa wat onverwags die media toegespreek het in sy kapasiteit as hoof van die ANC. Gegewe dat Ace Magashule in die onlangse verlede hierdie geleenthede afgesluit het, en as ’n mens in ag neem dat ’n  politieke struweling tussen […]
Lees meer

Beleidsradar: IMF-aanbevelings vir SA beleidshervorming

Die Internasionale Monetêre Fonds het onlangs ’n Artikel IV-besoek aan Suid-Afrika afgesluit. Die IMF lê gewoonlik jaarliks sulke besoeke aan lidlande af. Die IMF-konsultasie is in November 2019 afgesluit en is gevolg deur ’n Artikel IV-verklaring en verslag wat op 30 Januarie 2020 vrygestel is. Die volledige persverklaring, IMF-personeelverslag en uitvoerende verklaring is hier beskikbaar. […]
Lees meer

Policy Radar: ANC Lekgotla’s likely impact on South Africa’s economic policy

The ANC’s first Lekgotla in 2020 was concluded on 20 January 2019 with an unexpected media address by President Cyril Ramaphosa in his capacity as head of the ANC. Given that, in the recent past, it was Ace Magashule who concluded these events, and considering a behind-the-scenes political battle between Ramaphosa and Magashule, political analysts […]
Lees meer