VERWYDER VEREISTE VIR "NOODSAAKLIKE DIENS" SERTIFIKAAT TYDENS INPERKINGS
IMPAK VAN HIERDIE SAAK
Sakeliga het hierdie dringende hofaansoek in Mei 2020 geloods om weg te doen met Ebrahim Patel, Minister van Handel en Nywerheid, se vereiste dat besighede wat tydens die sogenaamde grendelstaat wou oop bly, ‘n “noodsaaklike diens” sertifikaat by die CIPC moes verkry. Patel se sertfikate, en die inkorporasie daarvan by ramptoestandregulasies, het duisende besighede en eenmansake wat nie by die CIPC geregistreer was nie, blootgestel aan vervolging en teistering deur die polisie weens sogenaamde verontagsaming van grendelstaatregulasies.
Sakeliga het hierdie saak met koste gewen, met die gevolg dat besighede nie langer blootgestel is aan vervolging en teistering indien hulle nie ‘n CIPC “noodsaaklike dienste” sertifikaat in hul besit gehad het nie.
SAAKBESONDERHEDE
Status van saak: Afgehandel
Saak begin: 18 Mei 2020
Hof: Hooggeregshof: Pretoria
Uitspraak gelewer:
2 Junie 2020