pexels-sora-shimazaki-5668473

BESKERM DIE PPPFA-UITSPRAAK

Waarom hierdie hofsaak?

Die Minister van Finansies bring ‘n dringende hofaansoek ter wysiging van die Konstitusionele Hof se bevel in Sakeliga se guns op 16 Februarie 2022 oor BEE in staatstenders. Sakeliga opponneer die aansoek, aangesien die Minister onder die vaandel van ‘n verduideliking by die hof verlang oor die uitspraak, eintlik die strekking daarvan probeer wysig.

Agtergrond:

  • Die Hoogste Hof van Appèl (HHA) het in 2020 bevind dat die Minister van Finansies se 2017-verkrygingsregulasies (PPPFA regulasies), wat voorsiening maak vir BEE-voorafdiskwalifikasie in tenders, onwettig en ongeldig is.
  • Die HHA het egter die ongeldigheid van die regulasies opgeskort vir 12 maande, om vir die Minister tyd te gee om nuwe regulasies te maak.
  • Die Minister het die HHA se beslissing geappelleer in die Konstitusionele Hof, en die Konstitusionele Hof het die appèl van die hand gewys op 16 Februarie 2022. 
  • Die regsvraag wat ontstaan is of die HHA se bevel opgeskort is toe die Minister geappelleer het na die Konstitusionele Hof — met ander woorde, of die 12 maande tydperk om nuwe regulasies te maak eers begin loop het toe die saak tot finaliteit gebring is in die Konstitusionele Hof. Dit is hoofsaaklik waaroor die Minister se dringende aansoek nou handel — die Minister wil die Konstitusionele Hof-bevel op 16 Februarie 2022 laat wysig om dit “duidelik te maak” dat die 12 maande periode waartydens die ongeldigheid van die regulasies opgeskort bly, eers begin loop sedert die Konstitusionele Hof se uitspraak.

Saakbesonderhede

Status van saak: Afgehandel. Uitspraak in Sakeliga se guns, met koste.

Saak begin: 18 Maart 2022

Hof waarin saak aangevoer word: Konstitusionele Hof

Laaste hofdatum: 
30 Mei 2022 10:00.

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

​30 Mei 2022
​Die Konstitusionele Hof lewer eenparig uitspraak in Sakeliga se guns, met koste.
19 April 2022
​Die registrateur van die Konstitusionele Hof stel die partye in kennis dat die partye ingelig sal word oor wanneer geskrewe uitspraak verwag kan word.
24 Maart 2022
​Die Minister van Finansies liasseer ‘n repliserende verklaring (‘n antwoord op Sakeliga se antwoordende verklaring van 16 Maart).
16 Maart 2022
​Sakeliga liasseer antwoordende verklarings by die Konstitusionele Hof ter opponering van die Minister se dringende aansoek.
4 Maart 2022​Die Minister van Finansies liasseer ‘n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof om "duidelikheid" te kry oor die strekking en implikasie van die hof se bevel in Sakeliga se guns op 16 Februarie 2022.
​28 Februarie 2022
​Sakeliga skryf aan die Direkteur-Generaal en eis dat die onwettige instruksie van 25 Februarie teruggetrek word.
​25 Februarie 2022
​Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Tesourie reik ‘n tipe instruksie aan staatsorgane uit om tenderprosesse te staak. Tenderprosesse landswyd knars tot stildstand.
​16 Februarie 2022
​Die Konstitusionele Hof bevind in Sakeliga se guns in Afribusiness NPC v Minister of Finance. Die saak is ‘n oorwinning vir Sakeliga oor die toepassing van BEE-voorafdiskwalifikasie in staatstenders (deur die hof onwettig verklaar).

HOFSTUKKE

[posts_table term="mlo-category:reg-2022-51" columns="title, button" button_text="Laai Af" sort_by="title" sort_order="desc" ]
Archives