Minder Politiek, Meer Besigheid

Sakeliga ondersteun 'n gesonde sakeomgewing sonder ongesonde beleid

Minder politiek, meer besigheid beteken dat sakelui vry is om die beste sakebesluite te neem. Goeie sakebesluite lei tot groei. Groei lei tot groter geleenthede – vir uitbreiding, indiensneming en welwillendheid.  Dink net wat sou kon gebeur as elke sakepersoon die beste sakebesluite vir hul besigheid kon neem? Sakeliga se hofsake en veldtogte wil dit moontlik maak. Minder politiek, meer besigheid.

Dankie vir jou steun.

DOEN DIE REGTE DING

SAKELUI BULT BELASTINGSPIERE

In ‘n onlangse peiling deur Sakeliga toon 95% van respondnente dat die grendelstaat hulle gewilligheid om belasting te betaal laat daal het. Sakelui in gemeenskapsbouers wat werk skep en hul plaaslike ekonomieë stimuleer. Hulle onderhou en finansier deur hul aktiwiteite die skole, kerke, ouetehuise en talle ander hulp organisasies wat hulle gemeenskappe laat werk. Die staat se belastingbeursie is afhanklik van die sakesektor se beursie. Sakelui is in die algemeen wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal. Die lot val egter toenemend op sakelui om plaaslike infrastruktuurprobleme op eie kostes te begin oplos, omdat plaaslike staatsinfrastruktuur toenemend verval. Sakelui beskou dit as hul morele plig om sake van gemeenskaplike belang in hulle gemeenskappe te dien en te finansier. Om belasting te betaal word egter toenemend as skadelik vir die samelewing beskou, gegewe hoe dit wanbestuur word, en korrupsie seëvier. Sakelui en Suid-Afrikaners in die algemeen staar nou ‘n morele dilemma oor belasting in die gesig. Sakeliga glo dit is tyd dat die sakegemeenskap hul belastingspiere begin bult. Ons glo dat ons deur bloot die grootte van ons belastingbeursies te wys, reeds baie druk kan plaas sonder om enigiemand aan onwettige bedrywighede bloot te stel. Indien dit vir jou ook ‘n morele dilemma is om belasting te betaal vra ons dat jy sal deelneem aan hierdie opname sodat ons soveel moontlik druk kan plaas. Deel gerus hierdie opname met mense in jou sakenetwerk.

ONDERSTEUN HIERDIE VELDTOG

Voeg jou inligting by ons belastingopname sodat ons kan wys hoe groot ons belastingspiere is.
Steun ons veldtog deur 'n donasie te maak, sodat ons die maksimum impak kan bereik.
Deel hierdie veldtogblad op sosiale media. Kliek hier:

HOFSAKE VIR HIERDIE VELDTOG

No products in the cart.