WERK BY SAKELIGA

Sakeliga is ‘n nie-winsgewende sakegroep met ongeveer 12 000 lede in verskillende bedrywe in Suid-Afrika, en verskeie geaffilieerde sakekamers. 

Die groep se missie is om die omgewing vir sake te verbeter deur middel van beleids- en strukturele ingrypings, tot openbare voordeel oral waar sy lede sake doen. Sakeliga se uitbreiding vereis die aanstelling van dinamiese personeel met ‘n passie om die organsiasie se doelwitte na te streef.

Beskibare poste

Sakeliga brei uit en is op soek na ‘n dinamiese Sakekamerbestuurder om by die span aan te sluit.

Die suksesvolle kandidaat sal primêr verantwoordelik wees vir die bestuur,
ontwikkeling, en implementering van Sakeliga se affiliasieprogram vir sakekamers en ander toekomstige affiliate. Afhangende van die kandidaat se vaardighede sal sekere ledevoordeel-ontwikkeling of ander

projekte moontlik ook aan die kandidaat se bestuur toevertrou word.

Die doel van Sakeliga se affiliasieprogram is om ‘n sterk netwerk van onafhanklike sakekamers te skep, wat kan saamwerk vir plaaslike ekonomiese herstel en groei, en aan wie Sakeliga bystand kan verleen. Die program fokus op bestaande sakekamers waar dit reeds funksioneer sowel as op die skep van nuwe sakekamers waar daar ‘n behoefte bestaan.

 

Pligte sluit in:

  • ontwikkeling van strategie en planne vir ‘n netwerk van geaffilieerde sakekamers

  • bystand aan sakekamerbesture met oprigting en bestuur van onafhanklike sakekamers

  • verhoudingsbestuur met sakekamers

  • bystand en advies aan sakekamers oor regskwessies, projekte en organisasiebou

  • ontwikkeling en implementering van bemarkingsplanne gerig op lede-aansluitings vir sakekamers en Sakeliga, in samewerking met die bemarking- en kommunikasieafdeling

  • mediawoordvoerding oor affiliasieverwante aangeleenthede soos versoek

  • latere uitbreiding van die affiliasieprogram na ander vorme van affiliasie

  • die ontwikkeling van ledevoordele, besigheidsgeleenthede en -produkte vir sakekamers

 

Die pos vereis ‘n beduidende mate van reis, veral binne Suid-Afrika, en moontlik ook van tyd-tot-tyd buite Suid- Afrika. Die Sakekamerbestuurder moet as deel van Sakeliga se uitvoerende bestuurspan funksioneer en sal aan die uitvoerende hoof rapporteer. Die pos is in Pretoria gebaseer.

Eienskappe wat tot die kandidaat se voordeel strek sluit in: ‘n Verbintenis tot vryemarkbeginsels; kennis van plaaslike owerheidskwessies; sakekennis en ervaring; ‘n rekord van suksesvolle bestuur van netwerke; goeie kommunikasie- en taalvermoëns; strategiese denke; professionaliteit; en gedrewenheid om selfstandig uitsette te lewer, maar ook goed in ‘n span te funksioneer. Die minimum kwalifikasie-vereistes vir die pos is ‘n NQF-vlak 7 kwalifikasie.

 

Stuur ʼn CV na [email protected] voor of op Vrydag, 28 Mei 2021.

Sakeliga onderneem om ontvangs van alle aansoeke te erken. Indien u nie binne ‘n week ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.