Regering beëindig ramptoestand in naam, terwyl dit vasklou aan permanente magte 

Die Nasionale Ramptoestand word in naam beëindig, maar die regering weier om van sy regulatoriese magte wat hy daarmee bekom het afstand te doen – dit is waarop gisteraand se aankondiging deur president Cyril Ramaphosa neerkom. Sakeliga verwerp die vervanging van tydelike rampmaatreëls met permanente inmenging en sal daarom sy werk, om dit teen te […]



JONGSTE: Sakeliga-litigasie teen hernuwing van Nasionale Ramptoestand op koers 

Sakeliga is gekant teen die verlenging van die nasionale ramptoestand en gaan voort met litigasie. Die verlenging is ongeregverdig, onwettig en skadelik.  Sakeliga se litigasie om ‘n einde aan die nasionale ramptoestand te maak, vorder goed. Dr Nkosazana Dlamini-Zuma en ander respondente word tans deur die hofreëls verplig om binne die volgende 15 dae rekords […]


Ramptoestand moet beëindig word en nie versluier word nie

Die Suid-Afrikaanse regering poog om magte wat net tydelik tydens die nasionale ramptoestand moes geld, permanent te verskans. Pleks van normaliteit te herstel, is die regering besig om die ramptoestand stilletjies voort te sit, en dit terwyl senior gesondheidsberoepslui Covid-19 toenemend as voortaan soortgelyk aan seisoenale griep beskou.   President Cyril Ramaphosa het in sy Staatsrede […]


Sakeliga kry bevestiging van grondwetlike versuim by Nasionale Rampbestuursentrum

Sakeliga het ’n brief van die Nasionale Rampbestuursentrum (NRBS) ontvang wat bewys dat die huidige Nasionale Ramptoestand op ongrondwetlike wyse gehandhaaf word. Die brief, deur dr Mmaphaka Tau, hoof van die NRBS, bevat uitgebreide erkennings dat die NRBS nie sy oorspronklike klassifikasie op 15 Maart 2020 van Covid-19 as ’n “nasionale ramp” onafhanklik heroorweeg het […]


Verhoed proaktief misbruik van Wet op Rampbestuur

Die Ramptoestand, asook enige voortsetting daarvan in ander regulasies en wetgewing, moet in geheel opgeskort word. Die regering moet ook verhoed word om in die toekoms die Wet op Rampbestuur te gebruik om drakoniese inperkingsmaatreëls in te stel. Sakeliga bring daarom ‘n hofsaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria om die nuwe “tydelike” nasionale ramptoestand in SA te beëindig.