Sakeliga-argumente in Resilient-saak bring finaal ‘n einde aan krag- en wateronderbrekings weens wanbetaling-geskille

Staatsinstellings wat dienste lewer, insluitend Eskom, sal voortaan nie meer betalende eindgebruikers kan benadeel weens wanbetaling deur munisipaliteite nie. Geen geskil tussen enige staatsinstellings mag trouens meer aanleiding gee tot benadeling van betalende eindgebruikers nie. Hierdie beginsel, wat verlede jaar in ‘n uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl neergelê is in die Resilient-saak teen Eskom waarby Sakeliga betrokke was, is nou finaal deur die Konstitusionele Hof bekragtig Die Konstitusionele Hof het Eskom se aansoek om verlof tot appèl in die Resilient-saak sowel ‘n soortgelyke saak in Sabie geweier.  Sakeliga het […]