Hofoorwinning vir Musina-sakelui en Sakeliga teen Eskom en munisipaliteit

Twee jaar na die eerste regstappe om te keer dat Eskom elektrisiteit in Musina onderbreek is ‘n kostebevel ten gunste van Sakeliga verlede week in die Gautengse Hooggeregshof bekom. Die litigasie spruit uit pogings deur Eskom in 2018 en 2019 om elektrisiteit na alle gebruikers in Musina, insluitende betalende sakelui, af te skakel, ná versuim […]