Die Sentrum vir Konstitusionele Ontwikkeling onderneem en publiseer navorsing wat Sakeliga help om konstitusionele en wetgewende verwikkelinge te rig vir ‘n gunstige sakeomgewing.
Die sakeomgewing in Suid-Afrika word bedreig deur staatsorgane wat konstitusionele beperkings, op hul mag en omvang, toenemend oorskry.
Die Sentrum moniteer hierdie verskynsel in beleid en wetgewing en ontwikkel antwoorde wat steun op eeue se ontwikkeling in konstitusionele denke.
Konstitusionalisme, die idee dat verskillende sfere van die samelewing mekaar in pas behoort te hou vir sy behoorlike ordening en florering, onderlê Sakeliga se regsbenadering.
Die Sentrum se aktiwiteite
Interpretasie: Ontwikkel 'n raamwerk om ekonomies relevante wetgewende en konstitusionele verandering te beoordeel.
Beleidsmonitering en -ontleding: Moniteer wetgewing en regulasies, beïnvloed regshervorming waar moontlik, en bied leiding aan die sakegemeenskap oor hoe om die impak van skadelike beleid te verminder.
Litigasie: Identifiseer en staan Sakeliga met litigasie by.
Adviesraad en regsnetwerk: Ontwikkel 'n netwerk van regspraktisyns, juriste, en litigante op wie die Sentrum kan steun om Sakeliga se benadering tot regspraak te bevorder.
Grondwetlike ontwikkeling: Stuur, met navorsing en litigasie, konstitusionele verandering in die rigting van groter selfstandigheid vir besigheid en 'n beter konstitusionele orde.