Sakeliga vra COGTA en SAPS om grendelstaatarrestasies te staak en staande bevele te openbaar 

bill-oxford-udXD2NrbXS8-unsplash

Die sakegroep, Sakeliga, het ministers Nkosazana Dlamini-Zuma en Bheki Cele versoek om grendelstaatverwante arrestasies te staak en hul hersiene staande bevele aan die polisie te openbaar.

Sakeliga se versoek volg op regter Norman Davis se weiering verlede week om die staat verlof toe te staan om die verklaring van ongrondwetlikheid van Regulasie 48(2) van die grendelstaatregulasies – in die Liberty Fighters Network-saak – te appelleer. Regulasie 48(2) maak voorsiening (of het voorsiening gemaak) vir die kriminalisering van die oortreding van sekere inperkingsregulasies, soos die verkoop van tabak en drank. Regter Davis het egter die verklaring van ongeldigheid tot 14 Julie 2020 opgeskort en die regering daarmee tyd gegee om ongeldige regulasies reg te stel.

Die uitspraak in die aansoek om verlof tot appèl is nogtans duidelik dat die regulasies genoem in paragraaf 2 van die uitspraak, wat regulasie 48(2) insluit, nie langer aan opskorting onderhewig sal wees as dit nie teen 14 Julie 2020 reggestel word nie. Sakeliga is meegedeel dat, in die geval van sodanige versuim om reg te stel, die regulasies ongeldig geag sal word en nie oop is vir hernuwing nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê “Sakeliga steun die verklaring van ongeldigheid van die betrokke inperkingsregulasies, maar is bekommerd oor die onduidelikheid of COGTA en die SAPD van plan is om arrestasies op te skort, die regulasies reg te stel en of hulle ‘n ander regsmening oor die saak huldig. Gevolglik kan sakelui, werknemers en die publiek in die algemeen in situasies van wetstoepassing weens ‘n goedertrou-verskil oor interpretasie in konflik met die SAPD kom. Sulke meningsverskille kan maklik lei tot onregmatige inhegtenisnemings en verdere gevolge wat nóg die publiek nóg die regering kan bekostig en wat vermy moet word.”

Sakeliga het Ministers Dlamini-Zuma and Cele versoek om te onderneem dat:

  1. Die SAPD aan al sy lede sal meedeel dat geen persoon gearresteer mag word weens versuim om aan die inperkingsregulasies te voldoen nie; en
  2. Die SAPD onderneem om opgedateerde staande bevele rakende die toepassing en handhawing van die inperkingsregulasies / -maatreëls as gevolg van die ongeldigheidsverklaring onmiddellik aan lede te sirkuleer en dat ‘n afskrif van sodanige staande bevele aan Sakeliga voorsien word.

Klik hier vir ‘n afskrif van Sakeliga se brief. 

Argiewe