Sakeliga verwerp die EFF se aanhitsing en geweld

[et_pb_section admin_label=”section”]
[et_pb_row admin_label=”row”]
[et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]Die sakegroep Sakeliga het ‘n versoek gerig aan die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om ferm op te tree teen dreigemente en geweld deur die EFF en sy ondersteuners in die huidige Clicks-aangeleentheid. Soos bevind deur die Konstitusionele hof is die SAPD kragtens grondwetlike en internasionale reg verplig om geweld te voorkom (Carmichele v Minister of Safety and Security and another, 2001).

In die lig van die EFF se poging om geweld onder die dekmantel van vryheid van spraak aan te hits het Sakeliga vroeër vanjaar die Konstitusionele hof as amicus curiae bygestaan. Uitspraak in die saak is nog hangende, maar beloof om belangrike gevolge vir die vermoë van wetstoepassers, om teen kriminele aanhitsing op te tree, in te hou.

“Daar is ‘n onderskeid tussen vryheid van spraak en vreedsame betogings enersyds en aanhitsing en geweld andersyds. Die EFF het hierdie skeidslyn ooglopend oorgesteek”, sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Sodra ‘n betoger of party aanhitsing of dreigemente van geweld pleeg – of verdere geweld wat wissel van verhindering van klante en werknemers se toegang tot winkels of die vernietiging van eiendom en liggaamlike leed – tree die betoger of party nie vreedsaam op nie, maar krimineel.”

“In teenstelling met die EFF en mnr Malema, wat die aanhitsing van kriminele aktiwiteit in die geval van grondbesetting as vrye spraak wou voorhou, het Sakeliga in die Konstitusionele hof ten gunste van wetstoepassers se vermoë om teen aanhitsing op te tree geargumenteer. Aanhitsing om misdade te pleeg is nie, soos mnr Malema glo, iets wat as vrye spraak beskerm moet word nie.” (Economic Freedom Fighters and Julius Malema v. Minister of Justice and Constitutional Development and National Director of Public Prosecutions).

“Dit sou nie aanvaarbaar wees dat ‘n politieke party – of enige ander organisasie – toegelaat word om krimineel op te tree deur intimidasie en ander vorme van geweld teen eiendom en persoon aan te hits nie. Dit sal die werk van die regering en die SAPD erg bemoeilik indien die EFF toegelaat word om ‘n presedent te skep dat hy besighede kan ‘sluit’ of sy strukture en ondersteuners opdrag kan gee – asof hy sy eie regterlike, wetgewende en uitvoerende gesag het – om hul besluite, beleide en uitsprake op die besighede en die publiek in die algemeen toe te pas.”[/et_pb_text][/et_pb_column]
[/et_pb_row]
[/et_pb_section]

Archives