Sakeliga seevier wéér in die Grondwethof – drie oorwinnings in 18 maande.

ConCourt

Sakeliga het bewys ons kan suksesvol litigeer. Sakeliga het tussen November 2020 en Februarie 2022 drie uiters belangrike oorwinnings in die Konstitusionele Hof behaal, om van baie ander in die laer howe nie eens te praat nie. Net in die Konstitusionele Hof alleen het ons die volgende sake gewen:

November 2020: Sakeliga beskerm eiendomsreg en hou grondbesetting strafbaar. Die Konstitusionele Hof verwerp Julius Malema en die EFF se aansoek om die Wet op Oortreding en Wet op Oproerige Byeenkomste ongrondwetlik te verklaar. Sakeliga speel as amicus curiae ‘n belangrike rol in die saak om die Hof te oortuig om die wette in stand te hou, en verhoed daarmee dat Malema grondbesettings mag aanhits en dat grondbesetters nie verwyder mag word nie.

September 2021: Sakeliga sorg dat die ligte in plaaslike ekonomieë landswyd bly brand. Die besluit van die Konstitusionele Hof bring finaal ‘n einde aan strafkrag – Eskom se ou praktyk om betalende gebruikers in dorpe se krag af te skakel wanneer ‘n munisipaliteit nie betaal nie. Die beslissing bepaal dat staatsorgane wat ‘n interne geskil het nie meer betalende eindgebruikers mag benadeel nie, maar hul interne geskil eerder by wyse van interregeringsgeskilbeslegting moet bylê. In die loop van die regsproses het die Hof uitdruklik Sakeliga, wat as amicus curiae opgetree het, se argumente as deurslaggewend bestempel. Sakeliga bou nou voort uit hierdie uitspraak met sy (LINK na verklaring) Betaalmeester-saak wat die probleem van wanbetalende munisipaliteite pak.

Februarie 2022: Sakeliga rol BEE in staatstenders met jare terug, deur die minister van finansies se voorafvereistes oor BEE onregmatig te laat verklaar. Dit is die eerste uitspraak in die Konstitusionele Hof wat BEE terugrol. Al is dit in die uitspraak duidelik dat die Hof nie BEE wou terugrol nie, was dit weens strategies slim litigasie moontlik om tog die uitkoms te bereik.

Jy kan Sakeliga help om sake soos hierdie aan te pak. Sluit aan of skenk vandag aan Sakeliga. Met jou ondersteuning kan Sakeliga vinniger en beter litigeer, en vinniger ‘n alternatiewe, BEE-vrye sakenetwerk skep.

SLUIT HIER AAN:

Archives