Monster-pothole
Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit
Voltooi ons kort opname
Naledi munisipaliteit skuld Eskom R390-miljoen
Weens swak skuldinvordering en versuim om tariewe te betaal
Previous slide
Next slide

NOORD-WES BETAALMEESTER

Waarom hierdie hofsaak?

Eskom, waterrade en ander belangrike diensverskaffers word nie deur die Ditsobotla en Naledi munisipaliteite in Noord-Wes betaal nie – ten spyte daarvan dat eindgebruikers van dienste elke maand vir dienste betaal. Munisipale invorderings vanaf eindgebruikers verdwyn telkens in ‘n bodemlose put van korrupsie en groeiende loonrekeninge.

In hierdie saak vra Sakeliga daarom die hof dat hangende die behoorlike implementering van ‘n finansiële herstelplan kragtens ‘n ingryping deur die Nasionale Tesourie, ‘n onafhanklike ouditeursfirma as sogenaamde “spesiale meester” aangestel word ten opsigte van die vervalle respondent munisipaliteite se finansies. Die spesiale meester se pligte sou behels om die aparte munisipale bankrekening te bestuur, alle invorderings en heffings vir kritieke dienste soos water, elektrisiteit en opgradering van kritieke infrastruktuur daarin te ontvang, en verskaffers direk vanuit daardie rekening te betaal.

Dit is unieke en innoverende regshulp, wat gunstige presedent vir ander munisipaliteite ook kan meebring.

Saakbesonderhede

Status van saak: Aktief

Saak begin: 9 April 2021

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Mahikeng

Volgende hofdatum: 
Onbekend. Sakeliga wag op ‘n antwoord van die Regter-President

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK


​23 Maart 2023
​Die saak is word aangehoor in die Hooggeregshof in Mahikeng. Weens ‘n eedsverklaring wat ‘n dag voor die verhoor deur die Minister van Finansies geliasseer is (bykans twee jaar buite tyd), en die hof se prioritisering van ander sake, word die saak uitgestel.
17 November 2022
​Die tussentydse hofaansoek in die saak (verwys na 23 November 2021 op die tydlyn) word aangehoor. Die regter beslis dat Eskom se verduidelikende verklaring toegelaat sal word tydens die hoofverhoor in Maart, 2023.
7 September 2022
​’n Saakbestuurvergadering vind op 7 September 2022 voor die Regter-President van die hof plaas. Die regter oorweeg die stukke en ‘n spesiale allokasiedatum.
16 Augustus 2022
​Naledi Plaaslike Munisipaliteit se regspan dui aan dat hulle, na ‘n gesprek met Eskom, nie van voorneme is om voort te gaan met hul tussentydse aansoek (op die hofrol vir 17 November 2022) ter skrapping van Eskom se ondersteunende verklaring nie. Sakeliga maak beswaar teen die wyse waarop Naledi die kwessie benader, aangesien Naledi veronderstel is om ‘n formele kennisgewing van onttreking kragtens die hofreëls te liasser, en ook kostes te tender. Dit wil voorkom of Naledi die reg wil voorbehou om tydens die hoofaansoek die hof te beswaar met oppering van die tussentydse aansoek, wat tot ‘n uitstel van die saak sal lei.
15 Junie 2022
​Sakeliga se regspan doen weer aansoek vir ‘n spesiale allokasie van die saak by die Regterpresident van die hof, n.a.v. die versoek wat reeds op 14 Desember 2021 gerig is. Naledi Plaaslike Munisipaliteit se tussentydse hofaansoek in die saak (verwys na 23 November 2021 op die tydlyn) word op die rol geplaas vir 17 November 2022. 
6 Junie 2022
​Op reaksie van die Minister van Finansies se uitnodiging om "in gesprek te tree" oor Sakeliga se munisipale litigasie, rig Sakeliga ‘n skrywe aan die Minister van Finansies se kantoor en dui bereidwilligheid aan om in gesprek te tree. 
14 Desember 2021​Sakeliga​ skryf ‘n brief en vra die Regterpresident van die Hooggeregshof in Mahikeng vir saakbestuur, aangesien die respondente nie samewerking bied nie en die hofreëls verontagsaam.
9 Desember 2021​Die hof beslis met koste in Sakeliga se guns in sy interlokutêre aansoek van 19 November. Die respondente is verplig om uitstaande rekords te lewer.
​23 November 2021Naledi Plaaslike Munisipaliteit, bring ‘n interlokutêre aansoek met die oog daarop om Eskom se verduidelikende eedsverklaring te laat skrap. Hulle beswaar teen Eskom se verklaring berus op ‘n argument dat Eskom as respondent steun aan Sakeliga as applikant bied.
19 November 2021​Sakeliga bring ‘n interlokutêre aansoek (‘n aansoek binne ‘n aansoek) teen die eerste tot derde en sewende respondent, om hierdie respondente te verplig om hul rekords waarna hulle in antwoordende verklarings verwys, te lewer soos die hofreëls vereis. 
2 November 2021​Die respondente, behalwe respondente 1 tot 3, het eers op 2 November 2021 gedeeltelik aan Sakeliga se rekordversoeke voldoen. Sakeliga is nou eers in staat repliserende verklarings voor te berei en die saak verder te voer. Respondente 1 tot 3 is op hierdie stadium steeds in versuim om hul rekords te lewer waarna hulle in hul antwoordende verklarings verwys.
​​​9 September 2021
​6de respondent lewer antwoordende eedsverklaring (laai dit hier af).
8 September 2021​​Eskom lewer ‘n verduidelikende eedsverklaring in die saak, en steun die regshulp wat deur Sakeliga verlang word. 
26 Augustus 2021​Aangesien die 1ste tot 3de & 7de respondente,  sowel as die 4de respondent, nie al die dokumente aangeheg het waarna hul deurgaans in hul verklaring verwys nie, het Sakeliga   kennisgewings kragtens  reël  35(12)  van  die  hofreëls geliasseer om ontbrekende dokumente aan te vra.
25 Augustus 2021​1ste tot 4de & 7de respondente lewer antwoordende eedsverklarings (laai dit hier en hier af).
26 Mei 2021​Sakeliga beteken kennisgewing van mosie en funderende eedsverklaring op die respondente (laai dit hier af).

HOFSTUKKE

[posts_table term="mlo-category:reg-2021-10" columns="title, button" button_text="Laai Af" sort_by="title" sort_order="desc"]

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit

Steun hierdie saak

Ander Aktiewe Litigasie

Archives

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit