[LUISTER] Verskans Ep 4 – Wanneer is die reg regmatig of onregmatig?

Gerhard van Onselsen
Gerhard van Onselsen

In Verskans episode 4 kyk Gerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) na die reg en vra die vraag hoe die regmatigheid of onregmatigheid van wette, regulasies en regeringsbeleid beoordeel moet word.

Daar word gewys op die dilemma van plig teenoor gesag, maar daardie plig moet beoordeel word teen die werklikheid van wette wat nie altyd regmatig of billik is nie of nie om eerbare redes gemaak word nie.

Die geskiedenis het talle voorbeelde van bose wette en beleide.

Die owerhede het nie ’n vrypas om sommer enige wet te maak nie, want owerhede is ook verantwoording verskuldig aan hoër gesag soos vervat in grondwetlike vereistes en konstitusionele beginsels.

Hierdie episode gee dan riglyne wat gebruik kan word om oor die regmatigheid of onregmatigheid van wette en regulasies te oordeel.

Ons kom tot die gevolgtrekking dat dit inderdaad noodsaaklik is om teen onregmatige politiek, selfs in die reg, op te staan en om die misbruik van onwettige staatsmag (in die diepste sin van die woord) te bekamp.

Om staatsbestand te word, sal beteken om onregmatige wette wat lewensnoodsaaklike belange bedreig, teen te staan en beskerming daarteen te bied.

Vir meer besoek gerus Maroela Media.

Archives