[Luister] Nuwe Solidariteit-verslag met voorstelle om kragkrisis hok te slaan

eskom-laat-suid-afrika-in-die-steek-afrisake-sal-ingryp

In hierdie insetsel vir Beleidsradar, op Pretoria FM, gesels James Kemp met Gerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) en Morné Malan (Kommunikasiehoof, Solidariteit) oor Eskom en die huidige elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika.

Daar word gekyk na die onlangse verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor Eskom en wat die SNI meen nodig is om die krisis hok te slaan.

Malan en Van Onselen kyk verder na die noodsaak van gunstiger kragbeleid asook van beter aansporings om doeltreffender kragvoorsiening in die hand te werk.

Hoewel daar vordering is met die opheffing van sekere perke op opwekking (soos die 100 MW-perk op kleinskaalse opwekking), moet baie meer liberalisering in die plaaslike energiemark nog plaasvind.

Daarby moet nuwe denke en lewensvatbare oplossings moontlik gemaak word. Die voorbeeld van Viëtnam gee ’n goeie idee van wat moontlik is onder ’n beter kragbeleid.

Viëtnam kon soortgelyke probleme oplos deur private opwekking en sonkrag aan te moedig.
Solidariteit doen ’n beroep op kleinskaalse kragopwekkers om in groot getalle aansoek te doen vir permitte om krag te lewer.

Soos Solidariteit sal Sakeliga ook die raamwerk vir kragbeleid fyn dophou en druk uitoefen met die oog op ’n beter kragbeleid.

Archives