Luister aanlyn: Wet op Eiendomspraktisyns verskerp die toepassing van BEE

Listen to “Wet op Eiendomspraktisyns verskerp die toepassing van BEE” on Spreaker.

Sakeliga ontleders Gerhard van Onselen en Daniel du Plessis neem die nuwe Wet op Eiendomspraktisyns onder die loep.

Hierdie wet verskerp die regulering van die eiendomsbedryf op verskeie maniere. Onder andere word die definisie van ‘n eiendomspraktisyn uitgebrei. Op die oog af gaan diegene soos eiendomsontwikkelaars nou ook aan dié Wet, wat voorheen hoofsaaklik op eiendomsagente van toepassing was, moet voldoen.

Voldoening beteken bydraes tot die getrouheidsfonds, onderhewigheid aan die nuwe regulatoriese owerheid, en selfs deelname aan BEE as ‘n vereiste om te mag praktiseer.

Laastens word die denkbare impak van die Wet bespreek en groot kommer word daaroor uitgespreek.

Die Sakeliga-werkswinkel waarna verwys is, het op 26 November 2019 plaasgevind.

Archives