Kommentaar op die Konsepwysigingswetsontwerp op Sport en Ontspanning, 2020

law

Sakeliga het onlangs kommentaar ingedien op die Konsepwysigingswetsontwerp op Sport en Ontspanning, 2020. Hierdie voorgestelde wetgewing beoog sterker sentrale regulering van die sport- en ontspanningsbedryf in Suid-Afrika.

Dié beoogde wetgewing sal vereis dat ondernemings in die fiksheidsbedryf, byvoorbeeld, aan bykomende regulatoriese vereistes moet voldoen, wat tot bykomende onkoste vir sulke ondernemings kan lei. Sodanige koste kan oorspoel na verbruikers wat dan duurder vir sulke geriewe sal moet betaal.

Verder is Sakeliga nie daarvan oortuig dat bykomende regulering van die sport- en ontspanningsbedryf geregverdig is nie. Dié wetsontwerp gaan uiteindelik op ’n groter regeringsburokrasie en koste uitloop, wat tot ’n mindere of meerdere mate bykomende druk op die regering se finansies en, uiteindelik die belastingbetaler, gaan plaas.

Die regering se begroting verkeer tans onder reuse druk en die onlangse 2020-begrotingsrede het die noodsaak van ernstige inperkings van regeringsbesteding beklemtoon. In Sakeliga se kommentaar word aanbeveel dat, aangesien hierdie wetsontwerp bykomende verpligtinge op die staatskas gaan plaas, dit eerder onttrek moet word.

Lees Sakeliga se kommentaar by die volgende skakel.

Archives